Rozelee Rest
- Kapasiteit: 3 persone
-
Inkloktyd: 11:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Augustastraat 36, Sonheuwel, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
- Geen kinders onder 7
- Vanaf R620 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Rozelee Rest is in Sonheuwel in Nelspruit en bied gehalteverblyf aan 'n gesin, sakereisigers of groep vriende. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die N4-hoofweg, doendinge en besienswaardighede.
Die verblyf beskik oor 'n eenheid en 'n enkelkamer. Die selfsorg-eenheid het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n TV met DStv en gaste het toegang tot gratis WiFi.
Die enkelkamer het 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n TV met DStv en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het toegang tot gratis WiFi.
Elke kamer het 'n plafonwaaier en gaste kan in die swembad afkoel.
Daar is gemeenskaplike braaigeriewe waar gaste lekker saam kan kuier.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.
Opsomming van Resensie
Ligging
- Augustastraat 36, Sonheuwel, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
- Gaste dink Rozelee Rest het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sonheuwel Nelspruit Mpumalanga
- Kapasiteit: 3 persone
-
Inkloktyd: 11:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Augustastraat 36, Sonheuwel, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
- Geen kinders onder 7