Prieska Akkommodasie by RRG - River Rapids Grace Units | LekkeSlaap
+11

RRG - River Rapids Grace Units

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Krugerstraat 6, Prieska, 8940, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

RRG - River Rapids Grace Units skuil in Prieska. Gaste kan kies tussen 3 lieflike eenhede, elkeen met 'n uitsig oor die Oranjerivier wat verby die dorp vloei.

Eenheid 1 en 2 het elkeen 2 driekwartbeddens en 'n privaat badkamer met 'n stort-oor-bad en 'n toilet. Dié 2 eenhede kan saam bespreek word vir 'n gesin van 4 en die tariewe sal dienooreenkomstig aangepas word.

Unit 3 is rolstoelvriendelik en het 'n dubbelbed. Dié eenheid het ook 'n privaat badkamer met 'n stort-oor-bad.

Al drie eenhede het lugversorging, TV's met DStv, en WiFi. Elke eenheid se kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, ketel, eetgerei en breekware. Koffie, tee, melk, suiker, en 2 tipes ontbytgraan word voorsien. Al die nodige kook- en eetgerei word voorsien.

Etes en kospakkies is beskikbaar op versoek en teen ekstra kostes. Veilige parkeerplek word voorsien agter elektriese hekke.

RRG - River Rapids Grace Units is langs die rivier so die water is deurgaans hoorbaar in die agtergrond en die voëllewe is volop. Doendinge in die omgewing sluit Ria Huysamen se Alwyntuin en die Prieska Museum in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 27 resensies vir RRG - River Rapids Grace Units
Netheid
4.7/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Krugerstraat 6, Prieska, 8940, Noord-Kaap
  • Gaste dink RRG - River Rapids Grace Units het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Prieska Karoo Noord-Kaap
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Krugerstraat 6, Prieska, 8940, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNlZGU2Njk4LTc1N2QtNDA1MC1iM2M5LTY3N2E5YTdlYjgzOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 27 5 1 5 6 Kruger Street Prieska 8940 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.662308565217 22.753212575394
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za