Rubicon Units

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rubicon se selfsorgeenhede was eertydse klaskamers van 'n ou sandsteen-skoolgebou. Die akkommodasie is in Rhodes - 'n bekoorlike, ouwêreldse dorpie in die Oos-Kaapse Hoogland naby aan die grens van Lesotho. Die ou skoolgebou is in 1924 opgerig, maar deesdae is dit die ideale vakansie-akkommodasie!

Die 6 selfsorg-eenhede is ten volle toegerus en beskik elk oor 'n badkamer, kombuisie en 'n kaggel. Ons voorsien ook beddegoed en handdoeke. Daar is 'n restaurant op die perseel en daar is ook braaigeriewe in die binnehof.

Rhodes is in 1997 as bewarea geproklameer en die dorpie is omring deur ongerepte riviere en majestueuse berge. Die Victoriaanse-styl dorpie is pragtig en betowerend - ongetwyfeld die ideale wegbreekplek!

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rubicon Units gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za