Dinokeng Akkommodasie by Rus Tevrede Game Lodge | LekkeSlaap
+17

Rus Tevrede Game Lodge

Selfsorg
  • Vanaf R9 000 per nag (plek vir 20)
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgevonden Plaas, Langs De Wagendrift, Tshwane, 0407, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Rus Tevrede Game Lodge bied selfsorgverblyf in 'n grasdakhuis wat omring word deur bosveld. Die lodge bied slaapplek aan 20 gaste in die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat in Gauteng, en is slegs 45 km vanaf Tshwane.

Die ruim huis het 3 en suite-slaapkamers met koningingrootte-beddens en ’n groot solder. Die solder beskik oor 2 slaapkamers, ’n oop solder-area en 2 badkamers. Die 2 slaapkamers beskik elk oor ’n koningingrootte-bed en die oop solder-area het enkelbeddens, asook dubbelslaapbanke. Beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle strandhanddoeke saambring.

Die leefarea het ’n kombuis wat toegerus is met ’n vyfplaatgasstoof, elektriese oond en 'n yskas. Die huis het ook ’n spens met ’n skottelgoedwasser en wasmasjien. Daar is ’n eetarea met sitplek vir 16 en gaste kan in die groot sitarea ontspan met ’n TV wat vol DStv het. Die sitarea en TV-kamer kan in ’n klein konferensiesaal vir 40 mense omskep word. ’n Daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar en naweekdienste kan teen addisionele koste gereël word.

Die leefarea lei na ’n lapa met ’n braai en boma en daar is ’n swembad. Daar is ook ’n sandpit met speelgoed, ’n klimraam en wildritte van 2 tot 3 ure lank wat op versoek gereël kan word.

Let asb. daarop dat die eienaars op die perseel woon en dat troeteldiere ongelukkig nie toegelaat word nie. Die Dinokeng Wildreservaat het ’n eenmalige toegangsfooi.

Slaapplek

’n Bespreking by Rus Tevrede Game Lodge sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 10 persone
6 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Welgevonden Plaas, Langs De Wagendrift, Tshwane, 0407, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R9 000
per nag (plek vir 20)

Sien meer verblyf in

Dinokeng Gauteng
Vanaf R9 000
per nag (plek vir 20)
Vanaf R9 000
per nag (plek vir 20)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgevonden Plaas, Langs De Wagendrift, Tshwane, 0407, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKje286VDOJrMDNsjZ9YY2YE8OePEaRYU8zCDKEvovOCb1rzubv?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R9 000  per nag (plek vir 20) Farm Welgevonden Off De Wagendrift 0407 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.371177086185 28.386985756394
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za