Rustique Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Rustique Boutique Hotel is gerieflik net buite Middelburg op die ou Belfastpad geleë. Hier kan gaste 'n egte plattelandse ervaring beleef met pragtige uitsigte op die omliggende heuwels en oor die Rustique-dam.

Akkommodasie word in 19 smaakvol gemeubileerde dubbelkamers gebied waarvan een 'n romantiese wittebrood-suite is. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Al die kamers kan ook met skakeldeure in gesinskamers omskep word, wat ideaal is vir gesinne wat saam vakansie hou. Hierdie kamers het elk ook lugversorging, 'n TV met volledige DStv, WiFi, 'n kluis en 'n yskassie.

Elke kamer het 'n privaat stoep waar gaste lekker kan ontspan en 'n skemerkelkie geniet terwyl hulle die plaaslike voëllewe bewonder.

Die hotel is ingerig vir troues, funksies en besigheidsvergaderings en kan tussen 30 en 400 gaste akkommodeer. Konferensiepakkette is ook beskikbaar en sluit alles in wat jy vir 'n produktiewe vergadering sal benodig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Rustique Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za