Rustverseker
Beskrywing
Rustverseker is sentraal geleë in George en bied gehalteverblyf aan sakereisigers, oornaggaste en vakansiegangers. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die N2 en verskeie besienswaardighede.
Die woonstel is ideaal vir 'n gesin en het slaapplek vir 5 gaste. Daar is 'n dubbelbed en 'n tripel-stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Daar is ook 'n bababedjie/kampkot op versoek beskikbaar. Die slaapareas het elk 'n hangkas en 'n tafeltjie met stoele. Daar is ook 'n aparte sitkamer.
Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Daar is ook 'n TV met volledige DStv-kanale en gratis WiFi.
Die kombuisie het 'n tweeplaatstoof, yskas, mikrogolfoond, elektriese braaipan, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n tafel met 2 stoele.
Die eenheid het 'n lieflike dek met braaigeriewe en deel 'n ingang met die hoofhuis wat toegerus is met 'n elektriese hek vir ekstra veiligheid.
Die verblyf bied 'n asemrowende uitsig op die Outeniekwaberg.
George is die middelpunt van die Tuinroete wat dit maklik maak om elke dag nuwe plekke te verken. Die naaste strand is slegs tien minute se ry as gaste wil afkoel.
Slaapplek
'n Bespreking by Rustverseker sluit in:
1 x Kinderstapelbed
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Badkamer
- En-suite
- Stort
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kamergeriewe
- Lugversorging
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Vermaak
- Eksklusiewe DSTV
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Rustverseker gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |