Sabella Bushveld Lodge
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R33, Plaas Vlakfontein Deel 2, Marble Hall, 0450, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R11 000 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
Sabella Bushveld Lodge bied pragtige selfsorgvakansieverblyf buite Marble Hall in Limpopo en is ideaal vir vriende en familie wat wil ontsnap en in die Afrika-bos ontspan.
Die huis bied slaapplek aan 14 gaste en beskik oor 6 chalets met lugversorging en en suite-badkamers. Vyf van die chalets het elk 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer wat met 'n stort, wasbak en toilet. Die sesde chalet is 'n gesinseenheid en het 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens. Daar is 'n bad, stort, dubbelwasbakke en 'n toilet in die badkamer. Al 6 chalets het tee- en koffiemaakgeriewe en hul eie stoep met sitplek. Gehaltelinne en handdoeke word voorsien.
Die hoofhuis beskik oor 'n kombuis, sitarea en eetarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 2 groot etenstafels en die sitarea het oorgenoeg gemaklike sitplek. Die hoofhuis lei na 'n stoep met meubels en sonstoele. Wi-Fi is beskikbaar.
Verder is daar 'n swembad en 'n boma met 'n pizza-oond, 'n ingeboude braai en 'n vuurput. Daar is ook 'n rugsteunkragstelsel vir kragonderbrekings. Wild op die perseel sluit buffels, swartwitpense, kameelperde, sebras en wildsbokke in en gaste kan begeleide wildritte of 'n begeleide staptog deur die bos geniet. Die verblyf is ongeveer 22,2 km buite Marble Hall waar gaste winkels en restaurante kan vind.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
Dienste
- Kamer daagliks skoongemaak
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Ligging
- R33, Plaas Vlakfontein Deel 2, Marble Hall, 0450, Limpopo
Sien meer verblyf in Limpopo
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R33, Plaas Vlakfontein Deel 2, Marble Hall, 0450, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom