Carnarvon Akkommodasie by Safari Lodge - Out Of Africa Gastehuise | LekkeSlaap
+50

Safari Lodge - Out Of Africa Gastehuise

  • Kapasiteit: 31 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Riebeeckstraat 31, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R880 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Safari Lodge is in die vriendelike Karoodorp Carnarvon geleë en bied warm gasvryheid en gerief in agt private selfsorg-eenhede aan. Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n klein yskas, mikrogolfoond en 'n tweeplaatstoof toegerus is. Tee- en koffiegeriewe en beskuit en drie ontbytgrane is ingesluit. Braaipakke is op versoek beskikbaar vir diegene wat organiese Karoo-lamtjops en wors wil geniet.

Die eenhede is met dubbel- of enkelbeddens gemeubileer, yskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, braaipan, kombuisware, eetgerei en kookgereedskap en alle beddegoed en handdoeke word voorsien. In die winter is al die beddens met elektriese komberse, winterslakens en warm, dik komberse opgemaak vir die koue Karoo. Die woonstelle is ook met lugversorgers (warm en koud) toegerus, asook TV's met DStv.

Elke eenheid het 'n private ingang, 'n braaigeriewe en kluis, toesluitparkering. Insekweerder, noodlampe en 'n strykplank en strykyster word voorsien. Haardroërs is op versoek beskikbaar en 'n wasgoeddiens is vir verblyf van langer as drie dae beskikbaar. Let asseblief op dat dit 'n rook-verbode onderneming is en gerieflike areas vir rook is buitekant ontwerp vir hierdie doel.

Safari Lodge is uniek geleë in die middel van die dorp en naby alle winkels, restaurante en verskeie interessante besienswaardighede.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 11 resensies vir Safari Lodge - Out Of Africa Gastehuise
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Van Riebeeckstraat 31, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Gaste dink Safari Lodge - Out Of Africa Gastehuise het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Riebeeckstraat 31, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMzNWM4ODM4LWZhNWYtNDZhOS04Yzk4LWQwOTU5ZTBlMjAwOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R880  per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 31 Van Riebeeck Street Carnarvon 8925 Noord-Kaap 086 999 0018 12:00-21:00 10:00 -30.96886085603 22.12798833847
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za