LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Safe Haven Gastehuis | LekkeSlaap
+39

Safe Haven Gastehuis

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Musketlaan 4, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Safe Haven Gastehuis bied 'n ontspanne plaasatmosfeer en is in Groenvlei sowat 10 km buite Bloemfontein.

Gaste kan die Safe Haven-eenheid of die Safe Haven-ateljeewoonstel bespreek. Albei eenhede het slaapplek vir 4 gaste. Elke eenheid het 'n koningingrootte-bed of 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens, asook 'n privaat badkamer met 'n bad of 'n stort.

Elke kombuis het 'n stoof, mikrogolf, yskas, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n TV is ook beskikbaar in elke eenheid.

Safe Haven-ateljeewoonstel het 'n binnebraai en albei eenhede het 'n stoep.

Safe Haven Kamer 3 het slaapplek vir 2 en 'n stoep. Die eenheid bied 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die kombuisie het 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n TV in die eenheid.

Gaste kan in die tuin ontspan of in die swembad afkoel. Let daar op dat die eienaars op die perseel bly saam met hulle troeteldiere.

Safe Haven Gastehuis is 700 m van die Woodlands Winkelsentrum af. Bloemfontein bied doendinge soos staproetes, vryval, sterrekyk by die Boyden Sterrewag, asook verskeie museums, winkels en restaurante. Gaste kan ook die Vrystaat Nasionale Botaniese Tuin, die Franklin Wildreservaat en Hamiltonpark besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 11 resensies vir Safe Haven Gastehuis
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Musketlaan 4, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Safe Haven Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bloemfontein Vrystaat
Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Musketlaan 4, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeaawTnqPzi9XpU2tcLxG0LYlx2V7IRvMAaLU5dRHYNxDhV85hK?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (vir 2 persone) 11 5 1 5 4 Musket Avenue Groenvlei 9301 Vrystaat 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -29.051982112324 26.176121281944
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!