Sage Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sage Cottage is 'n lieflike selfsorghuis met slaapplek vir 8 gaste in Kenton-on-Sea en is 600 m van die strand af.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Twee van die kamers het elk 'n dubbelbed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Twee van die badkamers het 'n bad en 'n stort en die derde badkamer het slegs 'n stort.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, 'n elektriese oond, mikrogolf, yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n opwasarea, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Gaste kan hulle maaltye by die etenstafel geniet of in die sitarea voor die TV wat DStv het. Daar is WiFi.

Die leefarea bied toegang tot 'n sonnige onderdakstoep met 'n ingeboude braai en 'n uitsig oor die privaat tuin. Parkeerplek is beskikbaar in die dubbelmotorhuis en die huis het 'n sekuriteitstelsel. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Sage Cottage is 650 m van die middedorp af en bied verskeie winkels, koffiewinkels, restaurante en skoonheids- en haarsalonne. Kenton-on-Sea bied verskeie doendinge soos stap, voetslaan en bergfietsroetes, swem, hengel, watersport, asook daguitstappies na die Kariega- of Sibuya Wildreservaat in. Daar is 'n groot verskeidenheid voëlspesies vir gaste wat wil voëlkyk.

Slaapplek

'n Bespreking by Sage Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sage Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 600 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za