Saints View 404

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saints View 404 is 'n selfsorgwoonstel in die nuut ontwikkelde, veilige Saints View Timeshare Resort in die hartjie van die Hibiskuskus in KwaZulu-Natal. Saints View is stapafstand vanaf Uvongo se gewilde hoofstrand en skilderagtige strandmeer. Meeste eenhede het pragtige see-uitsigte.

Die woonstel het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus. Die sitkamer bied lugversorging wat op 'n vooraf betaal-basis werk, en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer lei na 'n ruim balkon met ingeboude braaigeriewe.

Dié gesogte oord bied 'n 18 putjie-minigholfbaan, klimraam en sprankelende swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Daar is verskeie ander doendinge in die omgewing, soos middagete by Mac Banana, verfbal, Deli & Bakery, Mac Fish, winkels, voëlkyk-dek, klimraam, speelareas vir kinders, Butterfly Dome en ponierritte. Op dieselfde pad na Port Edward sal jy die Wild Coast Sun Casino kry. Lake Eland is ook iets om te sien - die natuur is ongelooflik.

Pure Venom is op die Izotha-pad naby Shelly-strand. Die kinders sal daarvan hou om al die verskillende slange te sien en om van elkeen te leer. In Shelly Beach is daar die Must-Byt-bootritte met visvanguitstappies en diepsee-swem. Die ouers kan saans gerus 'n draai by Pistols Saloon anderkant Ramsgate maak vir aandete en dans.

Slaapplek

'n Bespreking by Saints View 404 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saints View 404 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za