LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Saints View 408 | LekkeSlaap
+24

Saints View 408

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: H/v Collinstraat en Staffordweg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Saints View 408 is 'n selfsorgwoonstel in die nuwe, veilige Saints View Timeshare Resort wat sentraal geleë is aan die Hibiskuskus in KwaZulu-Natal. Dis stapafstand vanaf die gewilde Uvongo-hoofstrand met sy prentjiemooi strandmeer. Die meeste eenhede het pragtige see-uitsigte.

Saints View 408 het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer het voorafbetaalde lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer bied toegang tot 'n groot balkon met ingeboude braaigeriewe.

Dié luukse oord het 'n 18-putjie-minigholfbaan, 'n klimraam en 'n kristalhelder swembad. Veilige kelderparkeerplek is ook op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Saints View 408 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 1 resensie vir Saints View 408
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • H/v Collinstraat en Staffordweg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Saints View 408 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: H/v Collinstraat en Staffordweg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFiOGFmMmEyLTkyYmUtNDQzOC05ZGZhLTY5YWI5NGQ5NDgzZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (plek vir 6) 1 5 1 4 Corner of Collin Street and Stafford Road Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 08:00 -30.832177 30.398522
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!