Saints View 409

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saints View 409 is 'n selfsorgwoonstel in die nuwe, veilige Saints View Timeshare Resort wat sentraal geleë is aan KwaZulu-Natal se Hibiskuskus. Dis stapafstand vanaf die gewilde Uvongo-hoofstrand en sy prentjiemooi strandmeer. Die meeste eenhede het pragtige see-uitsigte.

Saints View 409 het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders. Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer het voorafbetaalde lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer bied toegang tot 'n groot balkon met ingeboude braaigeriewe.

Dié eksklusiewe oord beskik oor 'n groot gesinsrestaurant, 'n minigholfbaan met 18 putjies, 'n klimraam en 'n kristalhelder swembad. Veilige kelderparkeerplek is beskikbaar.

Kom geniet ons wêreldbekende Waterwold in Wild Coast Sun, Mac Bananas (5km) net voor Port Edward, Lake Eiland en ons plaaslike plesierbootvaarte op die see.

Slaapplek

'n Bespreking by Saints View 409 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saints View 409 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za