Saints View 410

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saints View 410 is 'n selfsorgwoonstel in die nuwe en veilige Saints View Timeshare Resort aan die Hibuskuskus, KwaZulu-Natal. Saints View is stapafstand van die gewilde Unvongo-hoofswemstrand met sy prentjiemooi strandmeer. Die meeste van die eenhede bied pragtige see-uitsigte.

Saints View 410 het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders. Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamerarea.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Die sitkamer het voorafbetaalde lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer lei na die groot balkon met ingeboude braaigeriewe.

Dié luukse oord 'n 18 putjie-minigholfbaan, klimraam en 'n kristalhelder swembad. Veilige kelderparkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die doendinge in die area is legio: Mac Banana met heerlike middagetes, verfbal, Deli en Bakkery, Mac Fish, spesialiteitswinkels, voëlkykdek, klimraam, kinderspeelterrein, skoenlapper-park en ponieritte. Op pad na Port Edward is die Wild Coast Casino. Lake Eland bied pragtige natuurskoon. Pure Venom is op die Izotha-pad naby Shelly Beach, waar die kleinspan meer oor slange kan leer. By Shelly Beach is daar Must-Byt vis- en bootvaarte, diepsee-uitsigte en diepsee-swem. Verder is daar ook Pistols Saloon vir aandete en dans, net na Ramsgate.

Slaapplek

'n Bespreking by Saints View 410 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saints View 410 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za