Saints View 418

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saints View 418 is 'n selfsorgwoonstel in die veilige nuwe Saints View-tyddeeloord in die hartjie van die Hibuskuskus in KwaZulu-Natal. Dié woonstel is loopafstand vanaf Uvongo se hoofstrand met sy prentjiemooi strandmeer. Die meeste van die eenhede het pragtige see-uitsigte.

Saints View 418 het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders in 3 slaapkamers en daar is 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eet en leefarea. Elke slaapkamer het 1 dubbelbed of 2 enkelbeddens en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitarea.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en die TV-kamer het lugversorging (wat werk met koopbewyse) en 'n TV met sekere DStv-kanale. En die sitkamer en hoofslaapkamer lei na die ruim balkon met 'n ingeboude braai.

Saints View-tyddeeloord het 'n 18 putjie-minigholfbaan, klimraam, en 'n sprankelende swembad. Veilige ondergrondse parkeerplek is beskikbaar.

Die area bied vele opwindende doendinge. Gaste kan ’n heerlike ete by Mac Banana geniet, en sommer ook bietjie verfbal skiet. Daar is ook die Deli & Bakery, Mac Fish, verskeie winkels, ’n voëlkyk-dek, klimrame en speelareas vir kinders, die Butterfly Dome en ponieritte. Op pad Port Edward toe, kan gaste ook die Wild Coast Sun Casino besoek.

Lake Eland is die ideale plek om uitsigte te geniet omdat die natuur so pragtige is. Pure Venon, ’n slangpark, is op die Izotha-weg naby Shelley Beach, ’n opwindende plek vir kinders waar hulle oor verskeie tipes slange kan leer.

Shelley Beach bied ook die Must-Byt vis- en bootritte, diepsee-duik en -swem. Vir die ouers bied ons die Pistols Saloon net verby Ramsgate vir aandete en om lekker te ontspan.

Slaapplek

'n Bespreking by Saints View 418 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saints View 418 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za