Saints View 420

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saints View 420 is 'n selfsorgwoonstel in die nuwe, veilige Saints View-tyddeeloord wat sentraal geleë is aan KwaZulu-Natal se Hibuskuskus. Dis stapafstand vanaf die gewilde Uvongo-hoofstrand en sy prentjiemooi strandmeer. Die meeste eenhede het pragtige see-uitsigte.

Saints View 420 het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer het voorafbetaalde lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer bied toegang tot 'n groot balkon met ingeboude braaigeriewe.

Dié eksklusiewe oord beskik oor 'n minigholfbaan met 18 putjies, 'n klimraam en 'n kristalhelder swembad. Veilige kelderparkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Die fasiliteite in die omgewing is fantasties! Gaste kan verskeie doendinge geniet soos middagete by die Mac Banana saam met verfbal, deli, bakkery, Mac Fish, winkeltjies, voëlkyk-dek, klimraam, speelareas vir die kinders, skoenlapperkoepel en ponieritte. Op dieselfde pad na Port Edward, kan die Wilde Coast Sun Casino gevind word. Lake Eland is beslis 'n belewenis met die asemrowende natuur. Pure Venom is op die Izothapad naby Shelly Beach, waaroor kinders sal gaande wees met die verskillende soorte slange en onderrig wat hulle ontvang van wat gevaarlik is en nie.

In Shelley Beach is daar die Must-Byt vis- en bootritte, diepsee-uitsigte en diepsee-swem. Ouers kan die Pistols Saloon vir aandete en dans besoek net buite Ramsgate.

Slaapplek

'n Bespreking by Saints View 420 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saints View 420 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za