LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Saints View 423 | LekkeSlaap
+23

Saints View 423

2 resensies
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 18 Des 2020 tot 31 Des 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Hoek van Collin- en Staffordstraat, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Saints View 423 is 'n selfsorgwoonstel in die nuut ontwikkelde, veilige Saints View Tyddeeloord in die hartjie van die Hibiskuskus van KwaZulu-Natal. Saints View is stapafstand vanaf die gewilde Uvongo-hoofstrand met sy prentjiemooi strandmeer. Die meeste van die eenhede het lieflike uitsigte oor die see.

Saints View 423 het slaapplek vir tot 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank vir kinders in die sitarea. Gaste moet hul eie handdoeke en DStv-dekodeerder met die slimkaart saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. Die sitarea beskik oor voorafbetaalde lugversorging. Die sitarea en die hoofslaapkamer lei na 'n groot balkon met ingeboude braaigeriewe.

Die luukse oord het 'n 18 putjie-minigholfbaan, 'n klimraam en 'n pragtige swembad (ná Covid-19 eers weer beskikbaar). Veilige kelderparkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Gaste word aangemoedig om die bekende Waterwêreld in die Wild Coast Sun, Mac Bananas sowat 5 km vanaf Port Edward, Lake-eiland en die plaaslike plesierbootuitstappies op die see te geniet.

Slaapplek

’n Bespreking by Saints View 423 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

3.5 uit 5van 2 resensies vir Saints View 423
Netheid
2.5/5
Diens
2.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Hoek van Collin- en Staffordstraat, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Saints View 423 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Hoek van Collin- en Staffordstraat, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVlNjUzMzQwLTZhYTctNDRiZS05YjBlLThkOGRkMDA3YjQxNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (plek vir 6) 2 5 1 4 Corner of Collin Street and Stafford Road Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 08:00 -30.832177 30.398522
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!