Karoo Akkommodasie by Sakrivierspoort Karoo Farm | LekkeSlaap
+33
+33

Sakrivierspoort Karoo Farm

Gastehuis
  • Vanaf R3 600 per nag (vir 10 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sakrivierspoort, Loxton, 6985, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Kom ervaar 'n plaasvakansie vir die hele gesin met 'n tikkie Karoo-gasvryheid. Die uitgestrektheid van die Karoo laat 'n mens nederig voel en die stille prag is innemend. Die sterrehemel is betowerend. Die Groot Karoo bied 'n strelende ongereptheid. Hier wag 'n unieke ervaring op jou en jou geliefdes.

Ons bied 'n ten volle toegeruste plaashuis met 4 slaapkamers (3 en suite-badkamers), een ekstra badkamer binne, en daar is 'n braaiplek buite. Ten volle toegeruste kombuis met 'n gasstoof, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, ens. Die stoep buite beskik oor 'n groot tafel. 'n Slaapbank in die leefarea. DStv is op versoek beskikbaar teen addisionele koste. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Varsgebakte plaasbrood kan ook gereël word.

In 'n wêreld wat al hoe meer beknop begin raak, bied die Karoo die eindelose ruimte om jou vry te laat voel. Die Karoo is net die plek om te ontspan, stilte te geniet, en skoon lug in te asem.

Ons is naby aan die Sakrivier geleë met oorgenoeg water regdeur die jaar. Die huis is op 'n werkende plaas. Ons boer met skaap, knoffel, turksvye en lusern. Ons is in die Sakrivier Bewaringsgebied geleë, waar daar nog heelwat van die bedreigde rivierkonyne gesien kan word. Dit is 'n veilige, ideale wegbreekplek regdeur die jaar. Ons is 110 km van Beaufort-Wes af geleë op die Nuveldberge, 54 km van Loxton af en 74 km van Fraserburg af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Sakrivierspoort, Loxton, 6985, Noord-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
per nag (vir 10 persone)

Sien meer verblyf in

Karoo Noord-Kaap
Vanaf R3 600
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R3 600
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sakrivierspoort, Loxton, 6985, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAUZ3vmsbcD4gtAKoiM4EsuMFlphqJyL1w0n9C1j7fixYR2DzYxf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 600  per nag (vir 10 persone) Sakrivierspoort Loxton 6985 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -31.911731 22.08537
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za