Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Saldanha Bay View - Panorama Drive

  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Panoramarylaan 33, Saldanhabaai, 7395, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Saldanha Bay View - Panorama Drive beskik oor 4 selfsorg-eenhede. Die eenhede is hoog teen die heuwel by Saldanhabaai geleë met uitsigte oor die baai, dorp en omliggende fynbos. Daar is 'n pragtige grasperk met 'n bankie wat by die fynbos pas en 'n wonderlike uitsig. Dassies, muishonde en klein bokkies word af en toe hier gesien.

Eenheid 1 is die tweede grootste eenheid. Dit beskik oor 3 kleiner slaapkamers, en 'n groot oopplan-kombuis en -sitkamer met DStv-hotelpakket, gratis WiFi en 'n kleiner pool-tafel. Dié eenheid het 'n privaat braai-dek tussen die fynbos met pragtige uitsigte van alle kante. Dié eenheid bied slaapplek vir 6 gaste. Let op: 'n mens moet vanaf die motorhuis twee stelle trappe afklim om by die eenheid uit te kom.

Eenheid 2 is die hoofeenheid. Dit beskik oor 3 groot slaapkamers, 'n oopplan-sitkamer en -kombuis wat na 'n lieflike dek lei. Daar is pragtige uitsigte van alle kante. Die eenheid het ook 'n binnebraai, pool-tafel, DStv (hotelpakket), gratis WiFi en daar is slaapbanke in die sitkamer. Die eenheid bied slaapplek vir 6 gaste. Let op: 'n mens moet een stel trappe afklim van die motorhuis af om by die eenheid uit te kom.

Eenheid 3 is op grondverdieping. Daar is 1 slaapkamer met 'n oopplan-sitkamer en 'n kombuis-area. Die sitkamer het skuifdeure met 'n fantastiese uitsig. Twee gaste sal heerlik slaap op die dubbelbed in die slaapkamer en nog 2 gaste kan op die slaapbank slaap. 'n Ekstra matras kan ook voorsien word indien nodig.

Die Tuinwoonstel bied toegang tot 'n dek met 'n lieflike uitsig oor die baai en tuin. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en het slaapplek vir 2 gaste. Die aparte badkamer het 'n stort en toilet. Die woonstel se kombuisie is met 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n tweeplaatstoof met 'n oond toegerus. Ander geriewe sluit gratis WiFi en DStv in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 88 resensies vir Saldanha Bay View - Panorama Drive
Netheid
3.7/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.1/5

Marlon Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 125

Jaar gelys 9

Ligging

  • Panoramarylaan 33, Saldanhabaai, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Saldanha Bay View - Panorama Drive het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Saldanha Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Panoramarylaan 33, Saldanhabaai, 7395, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1f293c414ac3b2da5b7488846c3b587f1a08ca34b665cde5a5f448f530f3e0276d8bb581ddbda2ffcb4d61e0f5ff731e5ae6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 88 5 1 4 33 Panorama Drive Saldanha Bay 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.001982158491 17.939385973086
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem