Salem Guest Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Salem Guest Accommodation in Hopetown is 'n bekoorlike huisie en kothuis in die Karoo. Die 2 eenhede is omtrent 100 m van mekaar af geleë en elkeen is met antieke meubels gemeubileer. Gaste kan saans rondom die vuur sit terwyl almal lekker saam kuier en ontspan. Die verblyf wat aangebied word bied aan gaste 'n regte intieme en unieke ervaring. Die rustige omgewing weerspieël 'n tipiese plaas in die Karoo en dit pas perfek by die naam, Salem, wat vrede beteken. Dit is die ideale oornag-bestemming en ons is net 200 m van die N12 af en 7 km buite Hopetown.

Die kothuis beskik oor 'n ten volle toegeruste plaaskombuis, 'n en suite-kamer en 'n leefkamer met 2 slaapbanke. Die huis het 4 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed. Daar is 'n moderne, ten volle toegeruste kombuis wat sal voldoen aan al jou selfsorgbehoeftes en die sitkamer het 'n platskerm-TV met volledige DStv. Albei eenhede beskik oor groot stoepe vanwaar gaste die ongelooflike sonsondergange van die Noord-Kaap kan geniet.

Daar is 2 opsies vir aandete: 'n warm, tuisgemaakte maaltyd vanuit die Karoo-kombuis of Karoo-lam wat gaste self oor die kole kan gooi wat bedien word met slaai en tuisgemaakte brood. Hierdie opsies het verskillende kostes. Gaste het ook die opsie om alles op 'n selfsorg-basis te doen.

Hopetown is in 1850 gestig toe Sir Harry Smith die noordelike grens van die Kaapse Kolonie tot by die Oranjerivier uitgebrei het. 'n Handjievol setlaars het aanspraak gemaak op die grond by die Oranjerivier en in 1854 het 'n grensdorp ontstaan. Die dorp was 'n stil plaas-area totdat 'n aantal groot diamante, die bekendste die Eureka Diamant en die Ster van Suid-Afrika, tussen 1867 en 1869 ontdek is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Salem Guest Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R570 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za