Salt River Lodge
- Kapasiteit: 17 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Kaapseweg 153, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Salt River Lodge is geleë in 'n uiters rustige omgewing, aan die noordekant van die strandmeer met sy natuurlike laag- en hoogwatergetye. Dis deel van 'n natuurlike voëlreservaat wat die Knysnaloerie, reier en kolganse insluit, hulle kom dikwels uit die swembad water drink!
Daar is 4 kothuise met slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders onder 14 jaar, of 5 volwassenes en geen kinders nie. Die kothuise is ten volle toegerus vir selfsorgverblyf en sluit 'n stoof, oond, mikrogolfoond, groot yskas-vrieskas en behoorlike braaigeriewe, linne, ens. in. Woonstelle kan op versoek skoongemaak word.
Kothuis 1 het 'n hoofslaapkamer met dubbelbed, 2 enkelbeddens in die tweede kamer en daar is 'n badkamer met stort (rolstoelvriendelik). Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea.
Kothuis 2 het 'n hoofslaapkamer met dubbelbed, 2 enkelbeddens in tweede kamer en daar is 2 badkamers met storte. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea.
Kothuis 3 is bo en het 'n hoofslaapkamer met dubbelbed, en 3 enkelbeddens in tweede kamer. Verder is daar 'n badkamer met 'n stort. Daar is ook slaapbank in die leefarea.
Kothuis 4 is ook bo en het 2 slaapkamers wat elk beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Daar is 2 badkamers, een het 'n bad en stort en die ander een het net 'n stort.
Elke kothuis het 2 TV's met DStv.
Daar is ook 'n swembad en gemeenskaplike pooltafel vir gaste om te gebruik. Elke eenheid het sy eie braaigeriewe en 'n pragtige uitsig oor die rivier.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Ou Kaapseweg 153, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Salt River Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 17 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Kaapseweg 153, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom