Sam's Self-Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sam's Self-Catering is 'n oulike, klein eenslaapkamerwoonstel in Heath Park in Port Elizabeth. Dit is die ideale akkommodasie vir 'n paartjie of individu wat die Winderige Stad besoek as vakansieganger of sakereisiger. Alhoewel die eienaar op die perseel bly, is privaatheid gewaarborg. Die woonstel is geskik vir 'n gesinnetjie met 2 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar.

Die eenheid het 2 enkelbeddens in die slaapkamer en 'n slaapbank vir kinders in die sitarea. Die kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n stoof, groot yskas, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die sitarea is gemeubileer met 'n bank en die eetkamer met 'n eetkamertafel met sitplek vir 4. Daar is 'n TV met vol DStv vir gaste se gebruik.

Slaapplek

'n Bespreking by Sam's Self-Catering sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sam's Self-Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R590 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za