San Lameer Golf Estate Villa 2525
Beskrywing
San Lameer Villa 2525 is 'n pragtig ingerigte selfsorg-eenheid op die San Lameer-gholflandgoed. Dié landgoed is 'n wonderlike vakansieplek wat 2 swembaddens, 3 tennisbane, 2 muurbalbane, 'n gholfbaan met 18 putjies en bergfietsrypaadjies het. Daar is 'n Mashie-gholfbaan, 'n speelarea met klimrame en glyplanke tot in 'n swembad, so dis enige kind se droombestemming. San Lameer spog ook met 'n pragtige Blouvlagstrand wat skoon en goed onderhou is.
Villa 2525 het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die villa is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër in. In die leefarea is daar 'n TV met volledige DStv Explora. Daar is 'n boma-braaiplek en ingeboude braaigeriewe buite op die veranda. 'n Onderdakparkeerplek en 'n oop parkeerplek is beskikbaar.
San Lameer het 'n hotel waar 'n mens lekker kan eet of cappuccino's drink. Daar is ook 'n Camelot-spa, 'n Spar en selfs 'n biblioteek. Gholfkarretjies kan gehuur word. Ywerige voëlkykers sal beloon word met 195 verskillende voëlspesies. Daar is ook 2 kroonarende wat by San Lameer nesgemaak het en hulle het sopas 'n nuwe arendkuiken verwelkom. Sodra jy by San Lameer aankom, begin jou vakansie of naweekwegbreek en jy hoef nie weer in jou motor te klim om êrens heen te ry nie. Skop jou skoene uit en ontspan!
Slaapplek
'n Bespreking by San Lameer Golf Estate Villa 2525 sluit in:
1 x Koningingrootte-bed
1 x Koningingrootte-bed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Rolstoelvriendelik
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte Toilet
- Stort
- Seep
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gimnasium
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Kamergeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
- Kluis
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Maaltye Aangebied
- Aandete
- Middagete
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Vermaak
- Boeke en Tydskrifte
- Eksklusiewe DSTV
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na San Lameer Golf Estate Villa 2525 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |