San Lameer Villa 10307

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

San Lameer Villa 10307 is in die San Lameer Villa-landgoed en is aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Die subtropiese paradys spog met wild, fauna, flora, voëls, en bied iets vir die hele gesin. Die 200 hektaar-bewarea het 'n 18 putjie-kampioenskap gholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant met 'n kroeg, luukse villas en bied direkte toegang tot 2 manjifieke Blouvlagstrande.

Dié dubbelverdieping is toegerus met 'n lugversorging en het slaapplek vir 6. Die huis beskik oor en suite-kamer, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke slaapkamer is toegerus met 2 enkelbeddens wat in 'n koningingrootte-bed omskep kan word. Die kamers het en suite-badkamers met baddens en storte.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n etenstafel. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar. Die ruim sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep wat 'n buitelug-etenstafel en braaigeriewe het.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 10307 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 10307 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 R2 400 per nag (plek vir 6)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za