San Lameer Villa 2205

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

San Lameer Villa 2205 is 'n stylvolle, dog huislike en gerieflike gesinsvakansiehuis in die wonderskone San Lameer, aan die sprokiesagtige KwaZulu-Natalse Suidkus. Hier leef 'n mens naby die natuur met pragtige see-uitsigte en tog is jy naby heerlike, topklas-ontspanningsgeriewe in 'n baie veilige omgewing. Die huis word 7 dae 'n week skoongemaak.

Die huis het 2 vlakke. Die oopplan-sitkamer en -eetkamer, volledig toegeruste kombuis en die en suite-hoofslaapkamer is op die grondvloer. Die leefarea lei na 'n veranda waar julle maaltye en die lieflike tuin- en see-uitsig te kan geniet.

Op die boonste verdieping is daar 'n ruim TV-kamer met 'n platskerm-TV en DStv wat na 'n opelugstoep lei waar jy die sonsopkoms kan bewonder. Daar is ook 2 enkelbedkamers en 'n badkamer met 'n stort en toilet op hierdie verdieping. Daar is 'n ingang na die afsonderlike en suite-gastekamer vanaf die onderste stoep. Dié kamer het pragtige see-uitsigte en is ideaal vir grootouers, volwasse kinders of vriende.

Voor die huis is daar 'n groot grasperk waar jy lekker krieket, rugby of sokker kan speel. Die huis is net 'n entjie se stap van al die vernaamste San Lameer-besienswaardighede af, soos die Blouvlagstrand, 'n hotel met 'n restauarant en swembaddens, Mashie Gholfbaan, tennis- en muurbalbane, rolbalbane, Spar Superette en 'n biblioteek.

Ons het hierdie baie spesiale vakansiehuis met groot liefde en sorg ingerig en deel dit graag met gesinne wat die natuur en gesonde gesinswaardes koester. Gaste kry eksklusiewe toegang tot die San Lameer-gholfbaan.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 2205 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 2205 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false