San Lameer Villa 2534

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

San Lameer Villa 2534 is op die San Lameer Landgoed geleë. Dit is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, die subtropiese paradys met wild, fauna, flora, voëls en iets vir die hele gesin. Dié 200 hektaar-natuurreservaat spog met 'n kampioenskapgholfbaan met 18 putjies, 'n hotel en spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 pragtige blouvlagstrande.

Die superieure villa het 4 slaapkamers, 3 badkamers en bied slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Twee van die badkamers is en suite. Daar is stort- en badgeriewe.

Die villa het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. Die eenheid het ook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met volle DStv. Die leefarea bied toegang tot 'n balkon met buitesitplek en braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 2534 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 2534 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 R3 000 per nag (plek vir 8)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false