San Lameer Villa 3126

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

San Lameer Villa 3126 is in die San Lameer Landgoed aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë. Dié subtropiese paradys bied wilde diere, fauna, flora en verskeie voëlspesies - ideaal vir die hele gesin. Die bewarea is 200 hektaar groot en beskik ook oor 'n kampioenskapgholfbaan met 18 putjies, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 manjifieke Blouvlagstrande.

Dié drieslaapkamervilla het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers het albei 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer.

Die selfsorgkombuis is goed toegerus. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met DStv en DVD-speler.

Die leefarea lei na 'n onderdakpatio met 'n etenstafel en sitplek, asook 'n ingeboude braai-area.

Slaapplek

'n Bespreking by San Lameer Villa 3126 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na San Lameer Villa 3126 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 R2 400 per nag (plek vir 6)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false