Sanlameer Akkommodasie by San Lameer Villa 3409 | LekkeSlaap
+11
+11

San Lameer Villa 3409

Selfsorg
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa 3409, Laer Suidkus , 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

San Lameer Villa 3409 is op die San Lameer Landgoed. Dié subtropiese paradys aan die Suidkus van KwaZulu-Natal met wild, fauna, flora en voëls het iets vir elke lid van die gesin. Die 200 hektaar-bewarea spog met 'n 18 putjie-gholfbaan, hotel met spa, restaurante en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.

Verblyf is beskikbaar in 'n multi-verdiepingvilla vir 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het lugversorging, koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer wat 'n stort het.

Die kombuis is met stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Verder is daar ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het plek vir 7 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel met 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel, braaigeriewe en privaat Jacuzzi.

Slaapplek

’n Bespreking by San Lameer Villa 3409 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • San Lameer Estate R61, San Lameer Villa 3409, Laer Suidkus , 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa 3409, Laer Suidkus , 4277, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc22f3ec5d9c3384cb49be987e98a0cadc12b7490475496150d86a5756639934a73cd26dd81478658cd61bd739c4c2e84389c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 800  per nag (plek vir 6) R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 3409 4277 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -30.9433351 30.2949959
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za