Sandflats Country Inn and Self-Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sandflats Country Inn and Self-Catering is in die klein dorpie Paterson geleë en bied gerieflike verblyf in lieflike eenhede wat jou nostalgies sal laat en herinner aan 'n vervloë era. Sandflats is net 15 km van die Addo-olifantpark af geleë.

Ons bied akkommodasie in gastekamers en selfsorg-eenhede. Die gastekamers beskik oor lugversorging of plafonwaaiers en het hul eie badkamers. Ontbyt kan gereël word op versoek. Al die selfsorg-eenhede is volledig toegerus vir selfsorg met yskaste, mikrogolfoonde, ketels, broodroosters, eetgerei en breekware. Daar is koffie- en teemaakgeriewe in al die kamers.

Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die hoofsitkamer wat gaste gerus kan gebruik. Geniet saans 'n aandete in die lapa, snuffel rond in die snuisterywinkel, koel af in die swembadjie en ontmoet plaaslike inwoners by die kroeg op die perseel. Gaste het toegang tot braaigeriewe en wasgoedgeriewe.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sandflats Country Inn And Self-Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za