Umdloti Akkommodasie by Sands Beach Breaks Umdloti | LekkeSlaap
+46

Sands Beach Breaks Umdloti

  • Vanaf R1 390 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Cascades 86, Bellamontweg 17, Umdloti, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sands Beach Breaks Umdloti is 'n pragtige selfsorg-vakansiewoonstel op KwaZulu-Natal se Dolfynkus in die gewilde kusdorp, Umdloti. Die woonstel spog met 'n uitsig oor die Indiese Oseaan waar walvisse en dolfyne gewaar kan word.

Die woonstel het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank vir 'n kind onder 12 jaar. Daar is 'n bad en 'n stort in die badkamer. Linne en badhanddoeke word voorsien. Versoek asb. swemhanddoeke indien jy dit nodig het. Die woonstel het ook 'n kombuis, 'n oopplan-eetarea, sitarea met 'n platskerm-TV, DStv en onbeperkte WiFi. Daar is plafonwaaiers in die slaapkamer en lugversorging in die leefarea.

Die balkon is perfek vir ontbyt, braai en buitelugetes. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad, gimnasium, muurbalbaan, buitelug-vermaakarea en braaigeriewe. Die kompleks is ten volle omhein en het 'n sekuriteitsingang by die hoofhek en 'n nagwag. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Die woonstel is naby verskeie restaurante, winkels, die lughawe en die strand.

Umdloti is 'n rustige kusdorp by die Mdlotiriviermonding, noord van Durban. Dit is 'n baie gewilde vakansiebestemming en die tuiste van sowat 3 000 inwoners. Dit is bekend vir natuurlike rotsformasies wat 'n veilige swemarea skep en waar dolfyne naby aan die kus kom. Walvisse is ook tussen Julie en November hier te sien.

Slaapplek

’n Bespreking by Sands Beach Breaks Umdloti sluit in:

Koninggrootte-bed Kindermatras vir 1
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 32 resensies vir Sands Beach Breaks Umdloti
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Cascades 86, Bellamontweg 17, Umdloti, 4320, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Sands Beach Breaks Umdloti het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 390
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 390
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 390
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Cascades 86, Bellamontweg 17, Umdloti, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAFHDddT9PI1EzOHHbUHDEWC4yaloE9e1UeTIphD7lPg2vOvYoGw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 390  per nag (plek vir 2) 32 5 1 5 86 Cascades 17 Bellamont Road 4320 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-23:00 09:00 -29.666299016206 31.119512542328
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za