Sandton Executive Suites - Daisy

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sandton Executive Suites - Daisy se ligging is uitstekend. Dit is in die hartjie van Sandton se sakekern, naby Sandton City, Nelson Mandela Square, die Gautrein-stasie en die Sandton Convention Centre. Dié moderne selfsorg-woonstelle bied gemaklike en bekostigbare verblyf vir sake- en vakansiereisigers.

Verblyf word aangebied in woonstelle met 1 of 2 slaapkamers, elk met 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met wit katoenlinne, kussings en 'n duvet. Elke kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n Nespresso-koffiemasjien, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien en tuimeldroër, asook gehalte-eetgerei, -breekware en -glase. Die eetkamer het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste. In die leefarea is daar 'n platskerm-TV met DStv, en 'n DVD- en CD-speler. Hoë spoed WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n verhitte, 25 m-swembad, gasbraaigeriewe, 'n buite-eetkamertafel, dekstoele en 'n sambreel. Die plek het 'n privaat gimnasium. Die gebou bied veilige 24 uur-sekuriteit en toegangsbeheer van 'n hoë gehalte. Gereserveerde parkeerplek word voorsien. Woonstelle word daaglikse skoongemaak en wasgoed word gewas.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sandton Executive Suites - Daisy gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 298 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za