Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Augrabies Rest Camp

  • Kapasiteit: 374 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Augrabies-waterval Nasionale Park, Augrabies, Kakamas, 8874, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R303 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Augrabies Rest Camp is baie indrukwekkend wanneer 'n donderbui deur die skeur weergalm en die water 56 m ver tot in 'n granietpoel stort. Die Augrabies-waterval het sy naam te danke aan die Khoi-woord "Aukoerebis", wat "plek van groot geraas" beteken, en doen sy naam gestand wanneer die Oranjerivier in volle vloed is! Die park bied 'n tuiste aan klipspringers en kokerbome wat teen die Afrika-hemelruim pryk. Net die mees geharde diere oorleef in dié dorre geweste. Moenie net hierheen kom vir die waterval nie, want daar is soveel meer om te ervaar in hierdie maanlandskap. Hier is meer as 50,000 hektaar rivier-ekosisteme om te verken en uitkykpunte vanwaar besoekers die dramatiese landskap kan gadeslaan. Boonop is die Nasionale Park maklik van Upington af bereikbaar via 'n 120 km-teerpad.

Die Augrabies Nasionale Park het net 1 kampterrein, maar van al die kampe in droë gebiede is dit die grootste. Al die chalets het selfsorggeriewe en lugversorging. Die kampplek bied baie skaduwee en meer as die helfte van die staanplekke het kragpunte. Gemeenskaplike ablusiegeriewe, 'n kombuis en 'n was- en strykkamer is beskikbaar.

As jy die dag nie lus voel vir braai nie kan jy gerus by ons gelisensieerde restaurant kom aansit. Ons winkeltjie is ook goed voorsien in geval jou voorraad skraps raak. Die 3 swembaddens is slegs vir gaste se gebruik. Die chalets en kampterrein is stapafstand vanaf die waterval en daar is oorgenoeg plankpaadjies om dit rolstoelvriendelik te maak.

Langs die ontvangs is die park se eie konferensiesentrum wat voorsiening maak vir vergaderings, werkswinkels en seminare. Die lokaal het lugversorging en is goed toegerus, met plek vir tot 70 afgevaardigdes.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 154 resensies vir SANParks Augrabies Rest Camp
Netheid
4.4/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1223

Jaar gelys 6

Ligging

  • Augrabies-waterval Nasionale Park, Augrabies, Kakamas, 8874, Noord-Kaap
  • Gaste dink SANParks Augrabies Rest Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R303
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R303
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 374 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Augrabies-waterval Nasionale Park, Augrabies, Kakamas, 8874, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1Xm6zz3MpRmG5IMZl4iMB94xOqizwtXbx6rpYT6u7dPKgRatPM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R303 per nag, vir 2 mense 154 5 1 5 Augrabies Falls National Park Augrabies 8874 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -28.593301 20.337403
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem