Namakwaland Akkommodasie by SANParks Groen River Coastal Camp Site | LekkeSlaap
+10

SANParks Groen River Coastal Camp Site

1 resensie
Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N7, Namaqua Nasionale Park, 8241, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R178 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Die SANParks Groen River Coastal Camp Site is in die Namaqua Nasionale Park. Die park skuil in die hartjie van die sukkulente Karoo en strek van die welbekende Skilpad seksie, naby Kamieskroon, op die platorand weswaarts tot by die kus. Ontsnap na die land van kontras, waar streng klimaat verskeie spesies gedwing het om by die spesifieke habitat aan te pas. Veldblomme, sterreryke nagte, kokerbome, groot graniet dagsome en die ysige Atlantiese Oseaan is 'n paar besienswaardighede wat in die area verwag kan word.

Die Groen River Coastal Camp Site is 1 km suid van die Groen River-monding en 3 km van die Groen River-kantoor. Die kampterrein kan met 'n sedan voertuig vanaf Garies bereik word. Die kampeerterrein is naby die klippiestrand, met strande suid van die ligtoring.

Die Groen River Coastal Camp Site is 'n ongekunstelde kampeerterrein wat fokus op die wildernis-karakter van die kuslyn. Gaste moet selfonderhoudend wees en toegerus wees met alles wat nodig is vir kamp. Daar is 12 werwe, elk met windbeskutting en 'n braai-area. Die werwe het nie water, elektrisiteit of ablusieblokke nie, slegs kompostoilette. Daar is geen selfoonsein nie.

Daar is hou by die Groen River Gate, maar daar word aanbeveel dat gaste hulle eie hout bring.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir SANParks Groen River Coastal Camp Site
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Langs die N7, Namaqua Nasionale Park, 8241, Noord-Kaap
  • Gaste dink SANParks Groen River Coastal Camp Site het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Namakwaland Noord-Kaap
Vanaf R178
per nag (plek vir 6)
Vanaf R178
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N7, Namaqua Nasionale Park, 8241, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAARDi04zXrCAdyZ9bhtGv6IQrIZ89YVXO8eeEgkLLQ5B088T7jvi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R178  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Off the N7 Namaqua National Park 8241 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -30.853333333333 17.575472222222
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za