SANParks Grootkolk Wilderness Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Grootkolk Wilderness Camp is ’n onomheinde kamp in die Kgalagadi Transfrontier Park. Net 20 km vanaf Union's End en naby die Namibiese grens is die Grootkolk Wilderness Camp, die noordelikste kamp. Die noordelikste dele van die Kgalagadi is ’n gunstelingloopplek van die swartmaanhaarleeu van die Kalahari. Alhoewel dit ’n afgeleë kamp is, is dit tog toeganklik met ’n 2x2-voertuig. ’n Watergat is sigbaar van die kamp af en diere kan selfs in die aand ook gesien word met die goeie beligting oor die gat wat ’n betowerende atmosfeer van die eindelose vlaktes gee.

Kgalagadi Transfrontier Park is waar die rooi duine en fynbos in die ewigheid in verdof en gemsbok-, springbok-, eland- en blouwildebeestroppe die seisoene volg, die indringende kameeldoringbome skadu aan die leeus bied, asook uitkykpunte vir die roofvoëls en luiperds. Daar is 5 hekke waar gaste kan in kom in 3 verskillende lande. Die Twee Rivieren-hek bied toegang vanuit Suid-Afrika, die Mata-Mata-hek vanuit Namibië en die Two Rivers-, Mabuasehube- and Kaa-hekke vanuit Botswana.

Die kamp het 4 Desert Cabins, elk met 2 enkelbeddens, ’n plafonwaaier, en suite-stort, toilet en wasbak. Daar is ook ’n yskas-vrieskas. Elke hut het ’n stoep met ’n opwas-area, tafel met stoele en braaigeriewe. Elektrisiteit word via sonkrag aan die hutte voorsien en daar is geen konvensionele kragproppe nie.

Die kamp het ook ’n gemeenskaplike kombuis met ’n gasstoof en oond, yskas-vrieskas, etenstafel met stoele en ’n braai vuurmaakplek wat gedeel word.

Die veld is reg voor die hutte se deur, aangesien die kamp onomhein is. Daar is ’n opgeleide en gewapende boswagter om gaste teen wilde diere te beskerm. Alhoewel die kamp wel toeganklik is via ’n 2x2-voertuig, word ’n 4x4 of ’n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte en laebestek-ratkas aanbeveel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Grootkolk Wilderness Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 010 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za