SANParks Kalahari Tented Camp
- Slaapplek vir 38 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Off the R360, Kgalagadi Transfrontier Park, Upington, 8801, Noord-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Kalahari Tented Camp is 'n oop kamp in die Kgalagadi Oorgrenspark. Dié kamp is hoog op 'n rooi sandduin geleë en bied 'n uitsig oor 'n watergat in die droë bedding van die Auobrivier. Die kamp is 3 km van die Mata-Mata Rest Camp af, waar gaste brandstof kan ingooi en basiese voorraad kan aankoop. Dit is ook naby die Namibiese grenspos. Die kamp só geleë dat gaste slegs hulself en die woestyn se geselskap het.
Die Kgalagadi Oorgrenspark se rooi duine en ruigtes strek tot in die niet en troppe gemsbokke, springbokke, elande en blouwildebeeste beweeg saam met die seisoene deur die park. Kameeldoringbome bied skaduwee vir die leeus, luiperds en roofvoëls. Daar is 5 hekke in 3 verskillende lande wat toegang tot die park bied. Die Twee Rivieren-hek bied toegang in Suid-Afrika, die Mata-Mata-hek bied toegang in Namibië en die Two River-, Mabuasehube- en Kaa-hekke bied toegang in Botswana.
Dié eksklusiewe bestemming spog met 15 Woestyntente wat elkeen met hout, sand en seildoek afgewerk is volgens die park se kleurskema. Dié ruim tente bied 'n uitsig oor 'n watergat en die Auobrivier. Elke eenheid het 'n groot slaapkamer, 'n badkamer en 'n aparte kombuis-tent. Die kombuis is volledig toegerus met kookgerei, eetgerei, linne en 'n yskas-vrieskas. Die krag is son- en gas-aangedrewe en daar is geen konvensionele kragproppe nie.
Die kamp is nie omhein nie en bring die veld tot by gaste se voorstoep en 'n Toerisme-opsigter is ten alle tye aan diens. Daar is heelwat kameelperde in die area te sien. Daar is ook 'n swembad en 'n houtdek rondom die swembad. Die Kalahari Tented Camp het 'n watergat, begeleide toere in die oggend en met sonsondergang en begeleide oggend-staptoere kan gereël word.
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
SANParks Geverifieer
Eiendomme 100
Resensies 2124
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Off the R360, Kgalagadi Transfrontier Park, Upington, 8801, Noord-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Off the R360, Kgalagadi Transfrontier Park, Upington, 8801, Noord-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 38 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Teken in om by gunstelinge te voeg Teken in om gunstelinge te sien Teken in om besprekings te sien Teken in om Rewards te sien Teken in om profiel te sien Teken in om eiendomme te sien Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken in of registreer om eiendomme by jou gunstelinge te voeg Teken in of registreer om toegang tot jou gestoorde eiendomme te kry Teken in of registreer om toegang tot jou besprekingsgeskiedenis te kry Teken in of registreer om toegang tot jou LekkeSlaap Rewards te kry Teken in of registreer om toegang tot jou profielbesonderhede te kry Teken in of registreer om toegang tot jou eiendomme te kry Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang