SANParks Kalahari Tented Camp
- Kapasiteit: 38 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R360, Kgalagadi-oorgrenspark, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 111 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kalahari Tented Camp is 'n oop kamp in die Kgalagadi Oorgrenspark. Dié kamp is hoog op 'n rooi sandduin geleë en bied 'n uitsig oor 'n watergat in die droë bedding van die Auobrivier. Die kamp is 3 km van die Mata-Mata Rest Camp af, waar gaste brandstof kan ingooi en basiese voorraad kan aankoop. Dit is ook naby die Namibiese grenspos. Die kamp só geleë dat gaste slegs hulself en die woestyn se geselskap het.
Die Kgalagadi Oorgrenspark se rooi duine en ruigtes strek tot in die niet en troppe gemsbokke, springbokke, elande en blouwildebeeste beweeg saam met die seisoene deur die park. Kameeldoringbome bied skaduwee vir die leeus, luiperds en roofvoëls. Daar is 5 hekke in 3 verskillende lande wat toegang tot die park bied. Die Twee Rivieren-hek bied toegang in Suid-Afrika, die Mata-Mata-hek bied toegang in Namibië en die Two River-, Mabuasehube- en Kaa-hekke bied toegang in Botswana.
Dié eksklusiewe bestemming spog met 15 Woestyntente wat elkeen met hout, sand en seildoek afgewerk is volgens die park se kleurskema. Dié ruim tente bied 'n uitsig oor 'n watergat en die Auobrivier. Elke eenheid het 'n groot slaapkamer, 'n badkamer en 'n aparte kombuis-tent. Die kombuis is volledig toegerus met kookgerei, eetgerei, linne en 'n yskas-vrieskas. Die krag is son- en gas-aangedrewe en daar is geen konvensionele kragproppe nie.
Die kamp is nie omhein nie en bring die veld tot by gaste se voorstoep en 'n Toerisme-opsigter is ten alle tye aan diens. Daar is heelwat kameelperde in die area te sien. Daar is ook 'n swembad en 'n houtdek rondom die swembad. Die Kalahari Tented Camp het 'n watergat, begeleide toere in die oggend en met sonsondergang en begeleide oggend-staptoere kan gereël word.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Thandeka Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 1223
Jaar gelys 6
Ligging
- Langs die R360, Kgalagadi-oorgrenspark, Upington, 8801, Noord-Kaap
Sien meer verblyf in Noord-Kaap
- Kapasiteit: 38 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R360, Kgalagadi-oorgrenspark, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom