Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Mountain Zebra National Park

  • Kapasiteit: 282 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R61, Mountain Zebra Nasionale Park, 5880, Oos-Kaap
  • Vanaf R404 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Mountain Zebra National Park spog met vars lug, uitstekende natuurskoon, 'n rustige atmosfeer en oorgenoeg wild om gaste 'n spesiale en persoonlike Afrika-wilderniservaring te bied.

Dié nasionale park is naby Nxuba (Cradock) in die malaria-vrye Oos-Kaap geleë en is oorspronklik in 1937 geproklameer om die Kaapse bergkwagga van uitsterwing te red. Nou, met meer as 28 000 ha, spog die park met 'n bewaringsuksesstorie en beskerm meer as 600 sebras, sowel as ander wild, soos die bedreigde swartrenoster en jagluiperd.

Die gerieflike eenhede in die park is almal vir selfsorg toegerus en beskik oor beddegoed, handdoeke, kookgerei, eetgerei en braaigeriewe. Die eenhede word daagliks skoongemaak. Daar is ook kampeer- en karavaanstaanplekke met kragpunte op die gras. Gemeenskaplike kombuis- en ablusiegeriewe word voorsien.

'n Swembad, 'n winkel met aandenkings en basiese produkte, 'n ten volle gelisensieerde a la carte-restaurant en 'n vulstasie is by die ruskamp beskikbaar. Die park bied ook 2 piekniekareas, Fonteinkloof en Weltevrede, met braaigeriewe, piekniektafels en ablusiegeriewe. Daar is 'n swembad vir dagbesoekers by Fonteinklook-piekniekarea.

Die park spog met wild, soos buffels, elande, koedoes, swartwildebeeste, rooihartbeeste, blesbokke en gemsbokke, en rooiribbokke en vaalribbokke kan hoër op in die berge gevind word. Die park is gewild vir wild soos, die aardwolf, bakoorjakkals en rooikat. Meer as 200 voëlspesies word hiér raakgesien, insluitend die swart- en Breëkoparend, volstruis, sekretarisvoël, bloukraanvoël, Ludwigse pou, Rooibekrenostervoël en Grasveldlangbeklewerik.

Die park het 'n verskeie voëlspesies en in die lente word die grasvelde met 'n blommekombers bedek. Die somers is warm en die swembad dien as 'n heerlike oase vir gaste om in af te koel. Winteraande is koel en perfek vir aande voor die knus kaggelvuur in die kothuis. Sneeu wat hoog in die berge gedurende die wintermaande val, verander die park in 'n winter-sprokiesverhaal.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.5
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1302

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Langs die R61, Mountain Zebra Nasionale Park, 5880, Oos-Kaap
  • Gaste dink SANParks Mountain Zebra National Park het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R404
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R404
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 282 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R61, Mountain Zebra Nasionale Park, 5880, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAohzAnt3nWO0jpZmaax9iFehAEkxnAlXJ8gIRqLrB8qdmB8KmNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R404 per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 Off the R61 Mountain Zebra National Park 5880 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.223795051932 25.479456429569

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang