Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Slangkop Tented Camp

Tentekamp
Slangkop Tent SLT2
Vanaf
Vanaf R747
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 2 persone
  • Permatent
  • Enkelbed of 3/4-bed
  • Lees meer
Beskrywing

Elke tent het 2 enkelbeddens met matrasse. Die tente deel die gemeenskaplike ablusiegeriewe, kombuis, boma en braai.

Die eenheid/kamer het
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang
Badkamer
  • Stort
Prys sluit in

Tariewe is op 'n selfsorgbasis en sluit 'n 1%-gemeenskapsfooi in.

Huisreëls

Neem asb. kennis: Vanaf 1 September 2017 sal 'n identiteitsdokument, paspoort of alternatiewe geldige identiteitsbewys, soos 'n bestuurslisensie, vereis word vir alle besoekers van 18 jaar of ouer wat die park betree.
'n Standaard-bewaringsfooi van R360 word daagliks gehef vir buitelandse besoekers, R180 vir SADC-burgers en R90 vir Suid-Afrikaners met 'n ID wanneer besoekers die park betree.

By Slangkop Tented Camp (soos met die ander tentekampe) kan jy nie die tentekamp per motor verlaat nadat die kamp gesluit het nie. Gaste sou egter te voet na Kommetjie kon gaan om aandete en die naglewe in dié dorpie te geniet.
Die park verkoop nie hout nie. Gaste moet asb. hul eie hout saambring.
Minimum van 2 gaste per bespreking. Besprekings is per tent en nie per bed nie. Dit is om te verseker dat gaste nie 'n tent deel met mense wat hulle nie ken nie.
Ons versoek dat gaste hulle aktiwiteite so bestuur om die rus en vrede en atmosfeer van die park te behou.
Wees asb. bedag daarop dat jy die kombuis met ander gaste deel. Los asb. die vertrek soos jy dit gevind het.
Bobbejane kom gereeld in die area voor en kan gevaarlik wees. Hulle moet asb. nie gevoer word of op enige wys gesteur word nie. Hou asb. alle deure en vensters toe vir jou eie veiligheid. As die bobbejane in elk geval die kamp binnekom, rits al die tentdeure toe en maak die boma se skuifdeure en vensters toe. Laat die toerisme-offisier wat aan diens is onmiddellik weet.
Gebruik asb. water, elektrisiteit en gas spaarsaam.
Plante en diere mag nie uit die park verwyder word op daarin gesit word nie. Die voer van wildediere is ook verbode.
Hou asb. by die aangewese voetpaadjies om te verseker dat die natuurlike omgewing nie vertrap word nie.
As daar enige opsetlike skade aan SANParke se eiendom aangerig word sal die kliënt vir die skade moet betaal.
Inkloktyd: van 14:00 tot 17:00 in die winter (April tot September) en 14:00 tot 18:00 in somer (Oktober tot Maart). Uitkloktyd: teen 10:00.
Geen laat-inklok of -uitklok word toegelaat buite die park se werksure nie.
Sou gaste na die inkloktyd soos hierbo uiteengesit opdaag, sal hulle ongelukkig alternatiewe verblyf moet vind en kom ook nie in aanmerking vir 'n terugbetaling nie.
Al die lede van die party moet terselfdertyd arriveer.
Gaste moet 'n daaglikse bewaringsfooi, per persoon per dag, vir die duur van hulle verblyf, betaal. Indien 'n gas 'n geldige Wild Card het, hoef diegene op die Wild Card nie die daaglikse bewaringsfooi te betaal nie. Let asb. daarop dat My Green Card nie vir die daaglikse bewaringsfooi kan instaan vir akkommodasie in die Tafelberg Nasionale Park nie.

Kampveiligheid:
Verseker asb. dat die deure, hekke en valhekke te alle tye toe en gesluit is.
Hou asb. die tente toe as daar niemand in die omtrek is nie.
Wees asb. bedag daarop dat jy die kombuis met ander gaste deel. Los asb. die vertrek soos jy dit gevind het.
Meld enige skade onmiddellik by die toerisme-offisier aan.
Moenie enige vreemde voorwerpe by die toilet afspoel nie.
Die kamp word nie snags deur 'n wag gepatrolleer nie.
Die tente het nie kluise vir jou waardevolle items nie. Los asb. jou waardevolle items by die huis.

Vure:
Buite vure (in die aangewese vuurmaakplekke) kan net op dae met lae vuurrisiko gestook word. Volg asb. die riglyne wat deur die toerisme-offisier gegee word.
Rook is streng beperk tot die buitenste vuurmaakplek en ook net soos aangedui deur die toerisme-offisier. Gooi asb. sigaretstompies in die aangewese vullisdromme. Moet asb. nie op die plankpaadjies of by die tente rook nie.

Sosiale geleenthede en doendinge:
Harde musiek en partytjies word nie toegelaat nie. Die area is in 'n Nasionale Park en daar is wilde diere en bure om in ag te neem.
Alkohol word op gaste se eie diskressie genuttig, maar raserige gedrag word nie geduld nie.
Geleenthede en funksies is onderhewig aan 'n spesiale permit wat deur die Tokai Permit-departement uitgereik moet word.
Voordat gaste enige doendinge in die kamp onderneem, maak asb. seker by die toerisme-offisier of dit geskik is en nie die omgewing en ander gaste gaan steur nie.
Geen fietse, skaatsplanke, skaatse of sulke items word in die kamp of naburige geriewe of paadjies toegelaat nie. Hierdie items kan slegs op paaie of roetes gebruik word wat gemerk is daarvoor soos aangedui deur die EMP's vir TMNP.

Toegang en inklok:
Wintermaande (April tot September)
Somermaande (Oktober tot Maart)
Bedryfsure:
08:00 - 17:00 (Winter)
08:00 - 18:00 (Somer)
Inkloktyd:
14:00 - 17:00 (Winter)
14:00 - 18:00 (Somer)
Uitkloktyd voor 10:00 op die uitklokdatum.
Slegs gaste op die besprekingsvorm mag die kampgronde betree.
Besoekers word nie toegelaat nie.
Gaste moet asb. hul bevestigingstrokie by hulle hê wanneer gaste by die kamp inklok.
Gaste word herinner dat die hekke teen sonsondergang sluit en dat niemand na hierdie tyd die kamp mag betree of verlaat nie.

Die gebruik van 'n hommeltuig binne en oor die nasionale parke is streng verbode.
Rook is verbode in die eenhede.
Die voer van wild is verbode.
Aangesien daar beperkte lig buite is, sal gaste 'n koplampie benodig om snags buite te loop.
Geen troeteldiere mag in die Nasionale Park ingebring word nie.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak

Besprekings wat minder as 45 dae voor of op die inklokdatum gekanselleer of afgegradeer word, sal tot gevolg hê dat kansellasiefooie op 'n glyskaal, volgens die totale besprekingsbedrag, tussen 50% en 100% toegepas word.

Vanaf
Vanaf R747
per nag, vir 2 mense
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Lighthouse-weg, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7sTNsuPk8yj98CbDpJUgs54lluszt8PASp5XqGLwVtHXDR2A91?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R747 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 Off Lighthouse Road Kommetjie 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.146398539229 18.320095781747
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem