Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Storms River Mouth Camping Sites

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 546 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stormsrivier-afdeling, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R480 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Storms River Mouth Camping Sites skuil in Tsitsikamma, die "plek van baie water", in die Tuinroete Nasionale Park. Hier breek die Indiese Oseaan se branders heel dag teen die rotsagtige kuslyn en oeroue riviere kalwe paadjies na die see al langs steil, klipperige ravyne.

Die hartjie van die park strek sowat 5 km na die see en is 'n beskermgebied vir spesies wat leef en beef in die park se tussengety-gebied, op die seeriwwe en in die oseaan. Dolfyne baljaar graag in die branders en die rustige reus van die oseaan, die suidelike noordkaper, kom lê besoek af tydens die paarseisoen. Die swarttobie, 'n rooidata-spesie, is een van Suid-Afrika se mees bedreigde voëlspesies en verskeie broeipare se neste is langs die park se rotsagtige kuslyn te sien. Die pragtige Knysnaloeries met hulle growwe geroep is ook gereeld in die woud te sien. Die Kaapse groototter is skaam en ontwykend en jag graag krappe langs die park se kus. Die blouduiker en bosbok is selde te sien, maar kan soms rondom die kampvuur gewaar word.

Tsitsikamma het 2 ruskampe, elk met hul eie bekoring: Storms River Mouth Rest Camp en De Vasselot Rest Camp in Nature's Valley. Die Storms River Mouth Rest Camp is 615 km vanaf Kaapstad, 195 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en 68 km vanaf Plettenbergbaai.

Kom geniet pragtige see-landskappe wat met die digbegroeide inheemse woude kontrasteer, volg 'n stap- of voetslaanroete, loop oor die hangbrug of onderneem 'n bootvaart - alles met die Storms River Mouth Rest Camp as beginpunt.

Kies uit 100 kampeerplekke, almal 'n paar tree vanaf die see en voorsien van elektrisiteit, gemeenskaplike ablusiegeriewe en wasgoedgeriewe.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Restaurant op Perseel

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 13 resensies vir SANParks Storms River Mouth Camping Sites
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1221

Jaar gelys 6

Ligging

  • Stormsrivier-afdeling, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Gaste dink SANParks Storms River Mouth Camping Sites het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R480
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R480
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 546 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stormsrivier-afdeling, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACaeIKxDlfITDafl3vYdOvNxOxmsm3tB51S7AF89TmTiHOs6yCa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R480 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 Storms River Section Garden Route National Park 6308 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.022751228797 23.887273470964
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem