SANParks Storms River Mouth Rest Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Storms River Mouth Rest Camp is geleë in die Tsitsikamma-gebied van die prentjiemooi Tuinroete Nasionale Park en is, soos die naam tereg sê, die "plek met baie water".

Tsitsikamma bied 2 ruskampe aan, elk met hul eie toorkuns en bekoring; Storms River Mondkamp en De Vasselot Ruskamp in Natures Valley. Die Storms River Mouth Rest Camp is ongeveer 615 km van Kaapstad, 195 km van Port Elizabeth en 68 km van Plettenbergbaai af geleë.

Verblyf is beskikbaar in Oceanettes, oopplan-chalets, gesinshuise, boshutte of 'n losstaande wittebroodshuisie, elk met leefareas en volledig toegeruste selfsorg-kombuise.

Dié park strek oor sowat 5 km na die see en is 'n bewarea vir die seelewe wat in die tussengety-gebied, op die oseaanriwwe en in die oseaan leef. Dolfyne baljaar in die branders en die suidelike noordkapers maak jaarliks hier 'n draai. Die swart oestervanger is een van Suid-Afrika se mees bedreigde voëlspesies en verskeie pare kan net langs die park se rotsagtige kuslyn gewaar word. Die pragtige Knysnaloeries kan in die bos gewaar word. Die Kaapse groototter is 'n skaam spesie wat krappe langs die park se kus jag. Blouduikers en bosbokke word selde gesien, maar kan soms deur die kampe wandel.

Tsitsikamma bied die Stormsriviermond Ruskamp en De Vasselot Ruskamp in Nature's Valley. Die Stormsriviermond Ruskamp is ongeveer 615 km vanaf Kaapstad, 195 km vanaf Port Elizabeth en 68 km vanaf Plettenbergbaai.

Gaste kan die pragtige see, inheemse woude, puik wandelroetes, staproetes, hangbrûe en bootvaarte in die Stormsriviermond Ruskamp geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Storms River Mouth Rest Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R793 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za