SANParks Talamati Bushveld Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SANParks Talamati Bushveld Camp is in die wêreldbekende Krugerwildtuin in 'n groot vallei met uitstekende wildkyk-moontlikhede. Die grasvelde in die area is 'n trekpleister vir verskeie tropdiere wat kom wei en die roofdiere skuil ook nooit te ver nie.

Talamati is 'n Tsonga-woord wat "baie water" beteken. Maar teenstrydig met die naam is die rivier hoofsaaklik droog. Die kleisand dien egter as 'n reuse-spons vol opgegaarde ondergrondse water wat die plantegroei regdeur die jaar lowerryk hou.

Talamati Bushveld Camp bied verskeie verblyfopsies en is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n Bosveld-ervaring met selfsorgverblyf.

Daar is 'n winkeltjie by ontvangs met basiese voorraad, soos hout, ys en Telkom-foonkaarte. Daar is geen kosprodukte soos vleis beskikbaar nie. Die kamp het 'n gemeenskaplike boma met braaigeriewe en 'n voëlkykskuiling. Die Muzandzeni-piekniekplek is 23 km van die kamp af en Nhlanguleni-piekniekplek is 35 km van die kamp af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Geriewe

  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SANParks Talamati Bushveld Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 712 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za