Santa Fé Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 50 % af

Kry 50% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Santa Fé Beach House is 'n selfsorghuis in La Paloma Estate in Big Bay, Bloubergstrand. Dis perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby aan die strand en ander geriewe.

Dié ruim huis is smaakvol versier en bestaan uit 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Twee van die kamers is bo geleë, en toegerus met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Albei hierdie kamers het privaat balkonne. Die derde kamer is op die grondvloer geleë. Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n gasstoof, oond, yskas, mikrogolfoond en oorgenoeg ingeboude kaste en ander toebehore.

Die sitkamer het 'n gerieflike rusbank en kaggel, en daar is 'n eetkamertafel. Die leefarea het stapeldeure wat lei na die onthaalarea, met 'n ingeboude braai, stoepmeubels en 'n swembad. Gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Veilige parkeerplek van die straat af is beskikbaar vir voertuie. Santa Fé Beach House is stapafstand van die strand af. Die kompleks is ook slegs 'n kort motorrit van verskeie winkels, restaurante en ander binnemuurse en buitemuurse doendinge af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits
  •  Spaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Santa Fé Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 900 R1 450 per nag (plek vir 6)

Kry 50% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za