by Santai Guest House | LekkeSlaap
+28

Santai Guest House

B&B

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 11 resensies vir Santai Guest House
Netheid
4.1/5
Diens
3.5/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
3.8/5
Jaun S - Sep 2021
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Jaun S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nie 'n goeie ervaring nie.

Die kamer was netjies en skoon, die TV remote het nie gewerk nie, batterye was pap, vir n 4ster gastehuis het hulle nie klein vars melk in die yskas gehad vir koffie nie en geen ander opsie vir koffie behalwe Ricoffee nie. Badkamer was vol spinnerakke en die wasbak se prop is gebreek, so ek kon nie voor die spieël skeer nie. Die badkamer se krane en teëls is nie skoongemaak nie, baie water en seep vlekke. Ons was by 'n troue in Harties en toe ons terug kom het die ander inwoners aan die agterkant harde musiek gespeel en so hard gepraat ons kon nie slaap nie, ek het toe die sel nommer op hulle website gebruik om 'n WhatsApp en SMS te stuur sodat hulle kan plan maak om die geraas te stop maar het geen terugvoer gekry nie. Die ontbyt was heerlik maar net repies bacon, eiers en 'n baie klein boerewors was bedien, ek moes self my toast maak waar ek geen probleem het nie, maar die groot toaster werk net die 2 regterkantste burners, so ons 3 mense moes redelik 'n rukkie wag totdat almal se toast reg was aangesien die hele toaster nie gewerk het nie. Daar was ook geen vrugtesap bedien saam ontbyt nie, toe ek vra vir vrugtesap was daar gesê die manager is van diens af en daar is nie vrugtesap gekoop nie. Die plekmatjies op die tafels was ook vuil en nog van die vorige mense se kos was daar vas gesit het. Die tamatiesous was ook die goedkoop weergawe van All Gold. Dit wil sê dat 'n 4ster gastehuis nie sulke diens en verblyf vir hulle inwoners gewoonlik bied nie. Ek sal definitief nie die gastehuis voorstel aan enige iemand nie. Die gastehuisraad moet dalk 'n paar sterre afhaal. Ek is glad nie beïndruk nie. Vir die bedrag wat ons moes betaal was dit glad nie die moeite werd nie. Ek het net my geld gemors.

Johann V - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johann V
Gesin met klein kinders

Baie netjies en alles wat nodig is.

Die verblyf was baie gemaklik met alles wat nodig was. Hendrik is 'n baie goeie gasheer en ons het lekker geëet by die restaurant.

Marius B - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marius B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was aangename verblyf in veilige omgewing.

Ons het laat gearriveer en moes taamlik sukkel om toegang te kry. Santai is naby 'n winkelsentrum waar daar verskeie restaurant is om te gaan eet. Dit is ook in 'n stil omgewing. Enigste irritasie was TV wat in kas ingebou is wat aan voetenent van bed staan. Het deur die nag my voete 'n paar keer teen die kas gestamp.

Clive V - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Clive V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Clean and friendly

Nice place to stay and reception friendly.

Gawie R - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
2/5
Gawie R

Nie die prys werd nie en ek sal ook nie sê dit is viersterkwaliteit nie.

Die kamers is koud en donker. Daar word gesê dat daar koffiefasiliteite in die kamers is, maar daar is geen melk nie. Die handdoeke is klein en daar was ook nie klein handdoekkies gewees nie. Ons was ook nie welkom geheet nie en die ontbyttye het verskil van die op die webwerf. Ons kon toe nie eers die ontbyt geniet waarvoor ons betaal het nie, omdat die ontbyt toe eers agtuur begin het.

Santai Guest House se terugvoer

Goeiedag Anntonette,

Baie dankie dat u die tyd geneem het om 'n oorsig te gee.

Daar is wel koffiefasiliteite in die kamer met poeiermelk soos goedgekeur deur die SA Toerisme Raad se gradering.

Die handdoeke is wel badhanddoeke soos vereistes bepaal.

Elke kamer beskik oor 'n lugreëling wat warm en koud maak.

Voldoende "downlighters" asook bedlampies is in elke kamer beskikbaar, weereens soos die gradering vereis.

Ons restaurant was oop tot 14:00 en u het 13:00 ingeklok. Ons ontbyte word oor naweke vanaf 08:00 bedien aangesien meeste gaste die vorige aand by 'n troue of funksie was en wil later slaap op Sondag. U was meer as welkom om ons te skakel en 'n vroeër tyd te reël - ons sou u met die grootste plesier tegemoet gekom het. Al ons telefoonnommers is in die welkombrief wat u met aankoms ontvang het en waarop u ook 'n vroeër inboektyd gereël het.

Ons beskik oor 'n sekuriteitshek waarvan net die gaste en gewapende patrollie die kode het. Daar is ook 'n wag wat deurgans patrolleer.

Vriendelike groete,
Hendrik van Vuuren

Santai Guest House
David N - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
David N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflike luukse verblyf.

Maklik bereikbaar, netjies, pragtige tuin, baie lekker oorgeslaap en lekker ontbyt geniet.

Lyrishe G - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Lyrishe G
Besigheidsreis

It was a warm and welcoming place to stay, would definitely stay over again.

The facilities available were great would probably suggest that a minimum amount of cold beverages be available after hours especially for a business traveller. Enjoyed the size of the room and the cleanliness of the linen including the towels. the breakfast was awesome, the staff are shy but friendly.

Rose T - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rose T

I will definitely come back again.

I enjoyed staying there, it's a good place for a family outing.

Roelien K - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Roelien K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Perfekte "honeymoon suite".

Ons het heerlik geslaap in 'n romantiese kamer! Die ontbyt was heerlik. Ons kon ook kies net wat ons wou eet!

Santai Guest House se terugvoer

Goeie môre Roelien
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer. Ons waardeer dit opreg en dit motveer ons om nog beter te doen.
Vriendelike groete.

Hendrik van Vuuren

Santai Guest House
Henda O - Jun 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Henda O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Geen water, groot geraas.

Nadat ons ingeklok het om 16:00 die middag het almal geloop. Daar was niemand om mee te praat nie. Die deure was gesluit en die ligte af. Ons het handdoeke en die WiFi password benodig. Die Vrydagaand het die personeel vriende onthaal wat baie geraas het. Die Saterdagaand was hel. Is om 01:00 die oggend wakker geraas deur die geiser, dit het die heelnag aangehou. Die Sondag was daar GEEN water nie, ons moes water by die swembad gaan skep het om die toilet te gebruik. Geen verduidelikings of verskonings is aangebied nie. Teen R1050 per nag vir 'n 4-ster-gastehuis, was die diens belaglik.

Santai Guest House se terugvoer

Goeie môre Henda
Ek is jammer om te hoor van u totaal onaanvaarbare ervaring by ons. Santai Gastehuis is onder nuwe bestuur en ons het kennis geneem van die probleme wat u ervaar het. Ek kan u verseker dit is behoorlik aangespreek en reggestel.
Kontak my asseblief vir u volgende kuier ons sal verseker vir u 'n onvergeetlike (in die positiewe sin van die woord) kuier reël.
Vriendelike groete.
Hendrik van Vuuren

Santai Guest House
Robyn S - Sep 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Robyn S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflike lekker verblyf.

Baie aangenaam, behulpsaam en professioneel.

Vanaf
R1 550
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 550
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 550
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 519 Krokodildrift 446 JQ, De Kroon/Brits, Brits, 0250, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe03e55eef6cdc2c0ecc72a6a8f49c5dd1608a8bb1d813be7559106fb6b90adf844065f4e9651efda0b1735737220ff20711d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550  per nag, vir 2 mense 11 5 1 4 519 Krokodildrift 446 JQ De Kroon/Brits 0250 Noordwes 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.652936115156 27.796090677579
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem