Santiago Bay 15
6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Capricorn Beach Estate, Santiago Bay Unit 15, Muizenberg, 7845, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Santiago Bay 15 is 'n gerieflike selfsorg-dakwoonstel in die veilige Santiago Bay-uitbreiding wat op die Capricorn Beach Estate in Muizenberg geleë is. Dié woonstel is op die boonste verdieping en het 'n ononderbroke uitsig oor die see en op die berge wat vanaf Rooi Els, Gordonsbaai tot in Simonstad en die Kaap Skiereiland strek.
Dié woonstel is geskik vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n stort, toilet en wasbak het.
Die kombuis, met granietblaaie, het 'n yskas-vrieskas, kookplaat, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het 'n etenstafel vir 6 en die sitarea het 2 groot banke, 'n platskerm-TV met DStv-kanale, 'n klankstelsel en 'n DVD-speler. Gratis WiFi is beskikbaar. Skuifdeure lei na 'n balkon met stoepmeubels en 'n mooi see- en berg-uitsig.
Die Santiago Bay-uitbreiding het 24 uur-sekuriteit, 6 gemeenskaplike swembaddens, veilige parkeerplek en maklike toegang tot 'n strand wat net 400 m vanaf die landgoed se ingang is.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Capricorn Beach Estate, Santiago Bay Unit 15, Muizenberg, 7845, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Capricorn Beach Estate, Santiago Bay Unit 15, Muizenberg, 7845, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang