LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Santorini Suites | LekkeSlaap
+30

Santorini Suites

2 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victoriastraat 130, Hutten Heights, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 070 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Welkom by Santorini Suites, 'n puik gastehuis wat spreek van gees, verbeelding en lewe. Ons gasvryheid is 'n lus vir al jou sintuie. Dit is 'n unieke, privaat onderneming met 3 pragtige suites in Newcastle, KwaZulu-Natal.

Le Petite, De’ ja’ Vu en Mystique is elkeen uniek ontwerp en bied dekadente koningingrootte-beddens wat oorgetrek is met perkallinne en elektriese komberse, en en suite-badkamers met storte, baddens en weelderige marmerwasbakeenhede. Elke suite is ook toegerus met 'n haardroër, vollengte spieël, klimaatbeheer-lugversorging, WiFi, DStv, reuse platskerm-TV's, komplimentêre sjerrie, tydskrifte en boeke. Die privaat ingange en afgesonderde terrasse is ideaal vir gaste wat soggens of saans 'n bietjie son wil vang of wil rook.

Santorini Suites is op die randjie van die sakekern geleë, net 1,8 km van Amajuba Winkelsentrum af vir besoekers wat inkopies wil doen. Aandete is beskikbaar op versoek (vra asseblief vroegtydig as jy aandete in jou suite of op een van die terrasse wil nuttig), maar gaste kan gerus ook gaan eet by een van die restaurante in die onmiddellike omgewing. Pint & Pig-out, John Dory's, Spur, Ocean Basket, Panarotti’s en Wimpy is minder as 1 km van Santorini af. Ontbyt is beskikbaar in die eetkamer genaamd Le Dungeon, in die ateljee of selfs in die binnehof as die weer dit toelaat.

Braaigeriewe is beskikbaar in die binnehof en groter groepe kan braai in The Junksta, 'n afgesonderde boma. Ons maak spesiale voorsiening vir bruide wat voorberei vir hul groot dae en wittebroodpaartjies wat op soek is na suites met tikkies romanse. Of jy nou by ons inklok om 'n herdenking of 'n spesiale geleentheid te vier, eksklusiewe, pasgemaakte pakkette is beskikbaar om aan jou spesifieke behoeftes te voldoen.

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Santorini Suites
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Victoriastraat 130, Hutten Heights, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Santorini Suites het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Newcastle KwaZulu-Natal
Vanaf R1 070
per nag (plek vir 3)
Vanaf R1 070
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victoriastraat 130, Hutten Heights, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE1OTdhNzA1LWU4YWUtNDY2Mi1hNjc1LWFhNTBlYTc3ODgxZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 070  per nag (plek vir 3) 2 5 1 5 130 Victoria Street Hutten Heights 2940 KwaZulu-Natal 086 999 0018 13:00-20:00 10:00 -27.727205176767 29.926770375394
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!