Santos 23

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Santos 23 is geleë in Santos-strand in Mosselbaai, 'n baie gewilde vakansiedorp. Dié eenheid is ideaal vir wegbreke en gesinsvakansies. Die strand is net 'n kort entjie se stap van die verblyf af.

Die woonstel is op die tweede verdieping en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die woonstel het 'n pragtige uitsig oor die strand. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Albei badkamers het baddens en storte.

Dié woonstel het 'n tussendeur wat na Santos 22 lei wat 'n ingeboude braai in die sitarea het, met gemaklike banke en 'nTV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n stoep met meubels en 'n draagbare gasbraai. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg, en daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër.

Daar is parkeerplek buite met 24 uur-sekuriteit.

Rook is verbode en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Santos 23 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Santos 23 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 610 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za