SantoSea

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SantoSea is 'n knus selfsorgwoonstel op die grondverdieping in die Santos-woonstelkompleks in Mosselbaai. Dit is stylvol versier met als wat 'n gas kan benodig. Voor die woonstel is daar ook 'n grasperk met 'n pragtige uitsig oor Santos se strand.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, wasmasjien en ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer het 'n waaier, platskerm-TV en 'n slaapbank met slaapplek vir 2 kinders of tieners.

Daar is veilige, toegewyde parkeerplek wat gaste kan sien vanaf die woonstel. Santos-kompleks het 24 uur-sekuriteit. Die woonstel is beveilig met Trellidor-hekke wat gesluit kan word.

SantoSea bied rustige verblyf in 'n lieflike area van Mosselbaai.

Slaapplek

'n Bespreking by SantoSea sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SantoSea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false