Sardaville Bergvilla

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sardaville Bergvilla is 'n afgeleë eenheid in die berge op Sardaville Game Ranch in die Drakensberge, sowat 30 km vanaf Warden in die Vrystaat. Die huis is sowat 1 km vanaf die hoofhuis en is ideaal vir 'n klein gesin of 'n paartjie wat op soek is na 'n vinnige wegbreek van die stad en graag die natuurskoon wil beleef.

Hierdie splinternuwe eenheid is hoog teen die hange van die berg gebou, en bied uitsigte oor 'n bergdammetjie. Daar is slaapplek vir 4 gaste. Die eenheid is afgerond met 'n groot dek en 'n boma-vuurmaakplek wat ongeëwenaarde uitsigte oor die vallei bied. Dit bied 'n ware romantiese gevoel met 'n groot binnenshuise kaggel. Die Sardaville Bergvilla is gebou met die omgewing in gedagte en is heeltemal selfonderhoudend. Dis gebou uit materiaal uit die omliggende omgewing en water word voorsien deur 'n fontein. Al die ligte werk met sonkrag. Volledige DStv is beskikbaar.

Daar is verskeie doendinge op die perseel, waaronder jag, kleiduifskiet, staproetes, vierwielmotorfiets- en bergfietsroetes, veerpyltjies, swem in die dam en wildkyk om slegs 'n paar te noem. Sardaville is die tuiste vir die rare swartwildebees sowel as blesbokke, sebras, elande en springbokke. Nog 'n seldsame boksoort wat jy hiér sal kan sien is wit blesbokke wat oor die jare gefloreer het in die omgewing. Hetsy jy 'n beginner of gesoute jagter is, kan jy hier jou jagvernuf toets deur óf te voet te jag, vanuit van die strategiese jagskuiltes, of vanaf 'n bakkie. Jag deur middel van pyl-en-boë word ook op die landgoed toegelaat.

Slaapplek

'n Bespreking by Sardaville Bergvilla sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sardaville Bergvilla gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za