Paarl Akkommodasie by Sarel's Country House | LekkeSlaap
+47

Sarel's Country House

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bo-Daweg/Kleinboschweg, Dal Josaphat, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 R675 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sarel's Country House, net buite die Paarl, is 'n ouwêreldse-styl langhuis en is nog lank voordat die Kaaps Hollandse huise gebou is opgerig. Sarel Cilliers, 'n prominente Voortrekker-leier, is hier gebore. Die huis is op die rand van 'n rivertjie geleë. Daar is net soms water in die riviertjie en dis omring deur groot eike- en populierbome in die tuin. Wanneer gaste onder die bome sit, skep die uitsig op die blouberge 'n gevoel van rustigheid.

Sarel's House bied selfsorgverblyf in 6 gastekamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n en suite-badkamer. Die derde en vierde slaapkamer is langs die gesinskamer en het sy eie groot gesinsbadkamer. Die vyfde en sesde slaapkamers (wat langs die huis is) het elkeen 'n ingang na dieselfde en suite-badkamer wat gedeel word. Dié 2 kamers het wel 2 aparte en suite-toilette.

Die gemeenskaplike kombuis het 'n tweeplaat-gasstoof, skottelgoedwasser en mikrogolfoond. Die antieke sitkamer het 'n TV en 'n ou vuurherd, wat ook as 'n binnebraai gebruik kan word. Die parkeerplek is stapafstand vanaf die huis, met 'n bruggie oor die rivier wat lei na die voordeur.

Daar is verskeie wynplase en wynproe-venues, geskiedkundige bestemmings, museums en restaurante in die omgewing. Doendinge in die omgewing sluit bergfietsry, voetslaanpaaie, drafroetes, perdry en varswatervisvang op 'n vang-en-vrylaat-basis op die plaas in. Gaste kan ook onder die groot eikebome voor die huis braai en 'n uitsig op die berge geniet. Let asb. dat gaste nie besoekers mag kry nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 10 resensies vir Sarel's Country House
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Bo-Daweg/Kleinboschweg, Dal Josaphat, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sarel's Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
was R750
Vanaf R675
per nag (plek vir 2)
was R750
Vanaf R675
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bo-Daweg/Kleinboschweg, Dal Josaphat, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAz7DJMSrwkSAzSSVSgrWIdtuvLO4jJ8Wj1nmUbBN8awPPCfbvNG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R750, nou Vanaf R675  per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 Bo-Dal Road/Kleinbosch Road Dal Josaphat 7620 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.696737760367 19.012264359572
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za