Sauer Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sauer Guest House is in die hartjie van die Kalahari en bied rustige verblyf op 'n wildplaas. Die gasvryheid is verwelkomend en die uitsigte oor die rooi duine sorg vir 'n goeie wegbreek uit die stad uit.

Sauer Guest House is 'n selfsorghuis wat slaapplek bied aan 7 gaste. Daar is 4 slaapkamers en 'n ruim oopplan-sitarea en -eetarea. 'n Toegeruste kombuis is ook beskikbaar.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die laaste slaapkamer het 1 enkelbed. Daar is 1 badkamer in die huis en 2 addisionele badkamers wat buite is, dié badkamers het storte.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar.

Gaste kan gebruik maak van
lieflike braaigeriewe.

Die huis word daagliks skoongemaak en gaste is welkom om hul troeteldiere saam te bring, indien hul vooraf reël.

Dis gewoonlik warm in die Kalahari en die ideale tye om dit te besoek is tussen Maart en Oktober. Die huis is op 'n plaas met diere soos kameelperde, sebras, gemsbokke, elande, vlakvarke, steenbokke, duikers, impalas, springbokke en koedoes.

Slaapplek

'n Bespreking by Sauer Guest House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sauer Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 150 per nag (vir 7 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za