Scallop Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie stylvolle gaste-lodge is in Plettenbergbaai, net 'n klein entjie se stap van die strand af. Verskeie winkels en restaurante is ook nabygeleë.

Die lodge het 5 gastekamers met volledige en suite-badkamer wat per kamer bespreek kan word, of die hele huis kan vir selfsorg bespreek word. Elke kamer is toegerus met ondervloerse verhitting, 'n kluis, WiFi, verhitte handdoekrelings en luukse linne.

Vier van die kamers het stoep-areas en die 5de kamer lei na die swembadstoep. Gaste kan heerlik ontspan in die ruim leefarea en, 'n lekker ontbyt in die eetarea geniet of self 'n ete voorberei in die volledig toegeruste kombuis. Veilige parkering in motorhuise beskikbaar.

Al die kamers is stylvol versier en weerspieël die omliggende see en berge. Drie van die kamers het buitestorte sodat jy Robbergstrand se sand onder die sterre kan afwas. Hierdie strand is stapafstand van die huis af. Beddens kan omskep word in koninggroote-beddens of enkelbeddens na gelang van die gaste se behoeftes.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Scallop Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 340 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false